Duisende afleggings deur Bayer

Die Duitse farmaseutiese vervaardiger Bayer het aangekondig dat hy van plan is om sowat 12,000 afleggings te don met sy herstrukturering wat in 2019 tot 2021 deurgevoer gaan word.

Die personeel van Bayer wat hierdeur geraak word, is nie net van Duitsland nie, maar raak mense in al die lande waar hy funksioneer.

Die skok aankondiging volg etlike maande nadat Bayer die grootste transaksie aangegaan het toe hy die Amerikaanse maatskappy, Monsanto, oorgeneem het teen ’n rekord bedrag.

Dit blyk ook dat Bayer ’n koper soek vir sy dieregesondheid afdeling en sal ook sekere aanpassings maak in ander afdelings van die reuse Duitse  instansie wat wêreldwyd opereer.

Bauer het in September aangekondig dat sy verdienste aansienlik gedaal het in die afgelope jaar, en dit het herstrukturering genoodsaak.

Die meer as $61 miljard wat Bayer moes betaal om besit te neem van Monsanto, is waarskynlik een van die redes waarom die veranderinge noodsaaklik geword het.