Die Wêreld stuur af op resessie

Die aandelebeurse van Europa staan in die rooi, en nie-beleggers vrees saam met beleggers dat die wêreld afstuur op ’n resessie.

Aandelemarkte is die voorlopers om aan te dui wat op ekonomiese gebied besig is om te gebeur, en tans lyk die voorbodes in aandelemarkte nie rooskleurig nie.

Wêreld ekonome reken die tekens is duidelik dat ’n vertraging in groei besig is om al duideliker te word, en sal uiteindelik teen die huidige tempo, lei tot ’n resessie.

Die algemene neiging op die burse van die wêreld toon ’n geringe groei in winste, maar die oorgrote meerderheid is in rooi gedompel.

Indien ekonome en politici in Suid-Afrika reken dat hulle die resessie gebreek het met een kwartaal se winste, gaan hulle in die komende jaar ’n paar onverwagse, minder aangename verrassings tegemoet.