Die “Good party” is gestig

Kan daar nog iets goeds kom binne die party politieke stelsel van Suid Afrika?  Patricia de Lille meen so, aangesien sy haar party se naam “Good”. gedoop het.

Sy het egter nie goeie nuus vir die ander partye nie aangesien die Good Party die politiek gaan ontwrig.

Rekonsiliasie is een van die party se mikpunte. Hoe die politiek ontwrig gaan word en terselfdertyd gerekonsilieer gaan word, sal sy seker alleen weet en sal die tyd ons aandui.

Sy blameer nog steeds apartheid se “ruimtelike beplanning” vir die DA se mislukking.

Haar hande word glo gesterk deur di DA raadslede wat saam met haar bedank het om die wiele aan die rol te kry, veral met die kort tyd tot hul beskikking vir volgende jaar se verkiesing.