Denel to nie so winsgewend

Die gespog dat Denel nie te koop is nie, en ook nie bankrot is nie, se waarheid vervaag met die inligting wat nou bekendgemaak is in die parlement.

Denel se woordvoerder het in die parlement, voor di portefeulje komitee erken dat die maatskappy die afgelope jaar ’n verlies van R1,7 miljard getoon het.

Die wapenvervaardiger voorsien ook dat ’n verdere R4,9 miljard verlies vir die volgende boekjaar sal realiseer.

Finansiële deskundiges sê dit is duidelik dat Denel steeds op die afdraande pad na ondergang is, en maak die voorspelling dat die entiteit nie staande gaan bly solank die huidige span voortgaan met swak bestuurspraktyke nie.