Denel erken beurs toekenning was verkeerd

Denel het aangekondig dat die beurs toekenning aan Supra Mahumapelo se seun van R1,1 miljoen gekanseleer is.

Denel het aanvanklik ontken dat die toekenning onbehoorlik was en dat enige bewerings daar rondom vals is.

Nou erken Denel dat die beurs toegeken was sonder om die korrekte prosedure te volg, en ook dat die vliegskool waar die opleiding sou geskied nie deur Denel goedgekeur was nie.

Dit blyk dat Denel voortdurend besluite neem wat dui op rassistiese gronde, en dikwels weens sulke optrede die bankrot vervaardiger verder die afgrond in stuur, meen kenners.