Demokrate wil Trump kelder

Die aanstelling van ’n voormalige FBI direkteur, Robert Mueller, om die Russiese betrokkenheid by die presidentsverkiesing in die VSA te ondersoek, was ’n direkte poging om president trump te kelder.

Na maande se ondersoeke deur die Demokraat gesinde Mueller, is enkele flou dinge opgevang soos ’n regsverteenwoordiger wat erken dat hy vir die Amerikaanse kongres ’n leuen vertel het.

Van die werklike ondersoek na Russiese inmenging, het nog niks gekom nie, en is dit duidelik dat Mueller met sy span uit die kamp van die Demokrate wat die ondersoek doen, ingestel is daarop om President Donald Trump vas te trek, ongeag waaroor dit sou handel.

Waarnemers wys daarop dat Mueller se sogenaamde onpartydigheid toe nie so waar is as wat die linkse media wil beweer nie.

Die oud FBI direkteur het leerling regsgeleerdes, wat Demokrate is, in sy span, en saam daarmee selfs mense wat Clinton gehelp het in haar verlore stryd teen President Trump.

Tot hede kon Mueller sy mede Demokrate nie veel vreugde bied nie, en sal die spreekwoordelike berg uiteindelik ’n muis baar.

Met die mislukking, wil die Demokrate nou ’n bevel kry om die Donald Trump onderneming se belasting dokumente te kry in die hoop dat hulle enige ongerymdheid sal opspoor waarmee hy gekelder kan word.

Regslui het intussen ’n saak begin wat op 14 Desember aangehoor sal word in die Appèlhof teen Mueller se optrede.

Foto – Robert Mueller