Curiosity vind vreemde steen op Mars

Die Amerikaanse ruimtetuig Curiosity wat reeds verskeie ontdekkings op Mars op sy telkaart het, is nou weer in die nuus met sy jongste ontdekking van ’n besondere blink steen.

Die besonder blink steen is die afgelope week ontdek op die Rooi Planeet, en Nasa was so opgewonde toe die eerste foto op hulle tafel kom, dat hulle Curiosity teruggestuur het na die glimmende voorwerp om die foto van naderby te neem.

Dit gis tussen die mure van Nasa se kantore oor wat die moontlikhede van die onbekende voorwerp kan wees. Dit kan wel ’n soort diamant wees, of moontlike ’n “egte diamant”, of ’n meteoriet wat lank gelede van elders daar neergestort het.

Curiosity is steeds baie aktief alhoewel wetenskaplikes geoordeel het dat sy tyd uitgedien is, en daaromhet sy opvolger, InSight, na ’n reis van bykans ses maande, verlede week op Mars sy opwagting gemaak.

InSight is sowat 600 kilometer weg van Curiosity en albei is geprogrammeer om ’n soektog voort te sit, wat selfs moontlike tekens van lewe insluit.