Cope soek wit kiesers

In ‘n poging om ongelukkige kiesers van die DA te trek, het Cope ‘n opmars saam met Afriforum gehou teen plaasmoorde.

Terror Lekota word nou as ‘n nuwe messias beskou met sy toenemende weerstand teen grond onteiening en korrupsie.

Cope was ook betrokke saam met ToekomsVonk met ‘n optog na die VSA ambassade in November. Lekota sien Mandela se beginsel van nasie-bou as deel van die party se strategie om meer wit kiesers te lok.

Die party kon tot hede nie veel steun werf nie, en blanke kiesers is maar redelik skepties oor die leiers se vermoë om te regeer as hulle wel n meerderheid sou behaal.

Foto – Terror Lekota