Brexit: Britse verdeeldheid kring uit

Terwyl die wêreld in spanning wag om te sien of die Britse parlement die ooreenkoms van premier Theresa May en die Europese Unie gaan aanvaar, versplinter die Britte in vele kampe.

Die parlementêre debat wat oor ’n vyf dae strek, word beskou as die grootste van sy soort in die afgelope vyf dekades.

Aan die een kant is daar die Tories van die premier wat haar voorstel steun, en saam met hulle, is daar ’n aansienlike getal uit die Arbeidersparty wat ook ten gunste is van haar voorstelle.

Aan die ander kant is daar diegene wat direk teen die ooreenkoms is, en tel onder Tories en Arbeiders, terwyl ’n derde groep sê hulle bly ten gunste van Brexit, maar met ’n nuwe ooreenkoms soos die wat Noorweë het.

Waarnemers meen egter die ernstige verdeeldheid gaan die Britse politiek ’n algehele nuwe koers gee, en kan die einde van die Theresa May regering beteken.

Die vraag ontstaan of die Eerste Minister, Theresa May, sal bedank as haar ooreenkoms met die EU nie deur die parlement aanvaar word nie.

Foto – Premier Theresa May