As Edcon struikel, val klerebedryf

Indien die Edcon groep nie nou met vaardigheid bestuur word nie, gaan die klerebedryf in Suid-Afrika ’n lelike knou kry wat ook ’n totale ineenstorting kan beteken.

Die is die mening van ’n senior sakeman wat pas sy mening aan Die Vryburger gegee het oor die moontlikheid wat die klere vervaardigers in die gesig staar na die aankondiging dat daar finansiële probleme is in die Edcon groep.

Hy sê die vervaardigers sal baie moeilik kan staande bly as die groep sy deure sou sluit, maar hy is seker daarvan dat dit nie sal gebeur nie.

Wat wel moontlik is, is dat die groep hulle aankope drasties gaan inkort ten einde eers van bestaande voorraad te verminder terwyl personeel aanpassings ook kan volg.

Hy reken dat die huidige ekonomiese klimaat wat weens swak regerings bestuur veroorsaak is, ’n groot bydrae lewer tot die sukkelende ekonomiese toestand in die land.

Edcon groep se grootste winkels is Edgars, Boardmans, CNA, en Jet, wat waarskynlik almal geherstruktueer sal word in ’n poging om van ondergang gered te word.