ANC tesourier-generaal se R1,5m  geskenk

Bewyse in die Hooggeregshof toon dat die ANC se Limpopo Tesouriergeneraal, Danny Msiza R1,5 miljoen ontvang het via ‘n tussenganger.

Die tussenganger het die “beleggings” van multi-miljoen rand gefasiliteer vanuit munisipale rekeninge na VBS bank.

‘n R9,5 miljoen verband van Msiza se maatskappy op ‘n eiendom in Pietersburg is ook glo gediens deur VBS bank.

Dit blyk dat “bonusse” wat betaal is aan burgemeesters en finansiele beamptes by die rade bykans R2 miljard beloop.

Moshate Investments, die tussenganger Kabelo Matsepe se maatskappy, het R27 miljoen ontvang in bykans 27 maande vir fasiliterings dienste gelewer.