ANC skop lede uit

 

Die Gauteng ANC se gesagstruktuur het die vorige LUK van Gesondheid Qedani Mahlangu uitgeskop. Sy en Brian Hlongwa is versoek om uit te tree as lede van die provinsiale uitvoerende kommitteer.  Sy behou egter haar lidmaatskap van die ANC.

Mahlangu is geblameer vir die dood van 144 Life Esidimeni pasiënte.

Brian Hlongwa was na bewering betrokke by korrupsie van R1,2 miljard. Hlongwa het in Oktober bedank as sweep in die ANC wetgewer.

Politieke waarnemers reken daar is talle ander lede van die party wat uit hulle ampte en poste geskop moet word.

Foto – Brian Hlongwa