Zimbabwe soek miljoene dollar

Die Minister van Lande en Landbou in Zimbabwe soek dringend sowat $40 miljoen om voormalige blanke boere van die land te vergoed vir die onreg wat die diktator Mugabe hulle aangedoen het.

Die Zimbabwe regering het onderneem om die blanke boere met die helfte van hulle skade te vergoed, en soek nou sowat $40 miljoen om die belofte na te kom.

Dioe nuut verkose regering het ook gevra dat blanke boere wat die land verlaat het, moet terugkeer om weer op plas die voedsel tekorte uit te wis weens die onkundigheid van di plaaslik bevolking.

Die Zimbabwe Minister van Finansies, Peter Mudzamiri, het glo gesê die boere het slegs $20 miljoen van die regering ontvang, en daarom moet ’n verdere $40 miljoen aan hulle betaal word.

Die uitbetaling moet aan minstens 50 voormalige blanke boere gedoen word, maar die regering se oproep om blanke boere weer terug te kry, blyk nie sukses op te lewer nie.

Die boere sê hulle het reds vertrek na ander Afrika lande waar hulle uiters billik behandel word omdat die regerings die waarde van hulle kundigheid besef.

Sedert 2000 het duisende blanke boere die land verlaat weens die optrede van Robert Mugabe wat geen geheim gemaak het van sy haat tenoor blankes nie.