Wie lieg nou vir ons

Beide Jacob Zuma en sy seun Duduzabe Zuma was betrokke by onreëlmatige en selfs onwettige transaksies.  Nou kom die  nuwe ANC president, en bevestig dat sy seun Andile Ramaphosa betalings ontvang het van die korrupte bestuurs maatskappy Bosasa.

Hy het egter sy  seun ondervra en is tevrede dat die transaksie(s) “wettig” was.  Volgens ‘n ouditeur, Peet Venter, wat gekontrakteer was deur Bosasa,  het Gavin Watson, die Uitvoerende Hoof van Bosasa,  opdrag gegee dat ‘n betaling van R500 000 in ‘n trust rekening betaal moet word.

Die rekening is verbind met ene Andile Ramaphosa.  Finansiële kenners vra of dit vir ‘n konsultant klein geld is?

Andile ontken egter enige kennis van die betaling wat sommige mense laat beweer dat dit selektiewe geheueverlies kan wees?

Die kernvraag is egter: Wie lieg?

Ons het gesien wat die president op televisie gese het oor plaasmoorde wat nie bstaan nie, Die Pa sê in die parlement die betaling is regmatig gedoen en die seun sê aikôna – watter betaling?  Ramaphosa openbaar iets van sy voorganger.

Foto – Cyril Ramaphosa