VSA Republikeine sterker in Senaat

Die Republikeins Party in Amerika het sy meerderheid in die Senaat vergroot, en daarmee verseker dat die Huis van Afgevaardigdes wat nou deur die Demokrate behee word, nie alleen seggenskap het nie.

Die verrassende uitslag wat in die deelstaat Indiana meegebring het was toe die Demokrate se senator, Joe Donnelly, verloor het teen Mike Braun van die Republikeine.

Die setel wat as uiters noodsaaklik beskou is vir die Demokrate om enigsins die Senaat oor te neem, is verydel toe die dinamiese Braun die verkiesing gewen het.

’n Ewe groot oorwinning vir die Trump-regering is die oorwinning wat die Republikeine se kandidaat Kevin Cramer die deelstaat North Dakota se senator word toe hy die Demokrate se Heidi Heitkamp oorwin het wat vir dekades die senator was.

Die Demokrate se poging om Senator Ted Cruz van Texas te verslaan met hul miljardêr kandidaat, Beto O’Rourke, het klaaglik misluk en daarmee het die Republikeine die Senaat meerderheid na 52 tenoor 48 Demokrate verseker.

Foto – Senator Ted Cruz