VSA gereed vir voetslaner karavaan

Troepe van die Amerikaanse Weermag het begin met die uitrol van lemmetjiesdraad op die grens met Meksiko waar die veelbesproke grensmuur nog nie opgestel is nie.

Honderd meter lemmetjiesdraad word gebruik om die onwettige immigrante wat in aantog is, te verhinder om deur te breek na Amerika.

’n Woordvoerder van grensbeheer sê die draad was voorheen gebruik om sekere gebiede af te sper wat nou deur die muur vervang is en goed te pas kom om ander dele toe te span.

President Trump het verlede Saterdag na die lemmetjiesdraad verwys as “pragtig”  indien dit behoorlik gespan word.

Die Pentagon het intussen bevestig dat sowat 7,000 troepe ontplooi is om die grens mt Meksiko te beskerm teen onwettige immigrante se betreding.

Sowat 10,000 voetslaners van die onwettige immigrante wat soms hulp kry asook vervoer word dur verbygaande vragmotors, probeer die simpatie van die wêreld kry, maar duisende is van mening dat hulle in konfrontasie met di Amerikaanse weermag wil uitlok en daarmee ’n internasionale krisis gaan veroorsaak.