VSA en Britte kry belangrike ooreenkoms

Die Verenigde State van Amerika en die Britse regering het ooreengekom oor ’n reisplan tussen die twee lande tot beide se voordeel.

Die ooreenkoms is getref uit vrees dat die Brxit spook dalk die gemeenskaplike belange tussen die twee lande kan benadeel.

Die regte om vliegtuie in die lug te hou met bepaalde roetes, sal vir Brittanje verval na sy uittrede uit die Europese Unie, en kan dit beteken dat die Britte nie geregtig is om vlugte te skeduleer nie.

Die ooreenkoms tussen die VSA en Brittanje is glo ’n “waarborg vir miljoene reisigers wat elke jaar tussen die twee lande beweeg.

Waarnemers wys daarop dat die ooreenkoms wat vooraf bepaal is, die Britte se deur wyd oophou na die VSA om ook ander betrekkinge te handhaaf met die Amerikaners.