VN lewer tonne voorraad aan Venezuela

Di leë rakke van apteke sal eersdaags weer voorraad dra nadat die Verenigde Nasies ’n besending mediese voorraad na Venezuela versend het.

Sowat $10 miljoen se noodvoorraad is gestuur om die haglike toestand in die land te verlig en verligting te bring in die gesondheid krisis.

Venezuela verkeer in ’n geweldige krisis met die swak regering van president Nicolas Maduro wat reeds die afgelope drie jaar geen suksesvolle poging aangewend het om die ekonomie te herstel nie.

Die hulp kom uit die Central Emergency Response Fund en is gestuur sonder om die gebruiklike “goedkeuring” van die regering in die land van ontvangs af te wag.

In teenstelling met vorige aanbiedinge om Venezuela te help, is deur president Maduro van die hand gewys en gesê hulle het nie buitlandse hulp nodig nie, maar het hierdie keer geswyg toe die tonne voorraad afgelewer word.

Sowat 130 ton mediese voorraad is beskikbaar gestel en kan die ergste noodtoestand aansienlik verlig.