Vlaams Belang grootste party

Alhoewel die nasionalistiese volksparty, Vlaams Belang, die grootste politieke party in die Oos-Vlaamse gebied van Denderleeuw, is die ander politieke partye onwillig om in koalisie met hulle te gaan.

Vlaams Belang se geleidelike groei stem die linkse partye tot kommer, en in die afgelope verkiesing het die nasionaliste ’n sterk groei getoon.

Met die afgelope verkiesing het Vlaams Belang gegroei tot die heel grootste party in die Oos-Vlaamse gebied.

Terwyl die ander politieke partye skarrel om mekaar se steun te kry, kan die Vlaams Belang sy standpunte suiwer hou en die opponente voor moeilike keuses plaas omdat hy nie nodig het om oor sy skouer te kyk nie, word gesê.

Vlaams Belang verkeer tans in dieselfde situasie as die Nederlandse Volksparty vir Vryheid van Geert Wilders, wat ook uitstekende groei getoon het, maar wat vermy word deur die linkse politici.