Vervaardiger moet WO 2 werkers betaal

Die hoogste hof in Suid-Korea het beslis dat die Japanse motorvervaardiger, Mitsubishi, sy werkers uit Suid-Korea gedurende die Tweede Wêreldoorlog moet vergoed omdat hulle gedwing was om werk te doen vir die maatskappy.

In reaksie op die hof beslissing het Japan dit afgemaak as “totaal onaanvaarbaar”

Volgens die hof se bevinding, moet die Mitsubishi  vervaardiger betalings ter waarde van $71,000 aan elke werker van die 23 eisers.

Die uitspraak volg kort nadat ’n ander saak in die hof gedraai het waar eisers gewen het teen Nippon Steel and Sumitomo Metal  omdat hulle gedwing was om te werk tydens die oorlog.

Kort nadat die hof uitspraak bekend geword het, het die Japanse Minister van Buitelandse Sake, Minister Taro Kono, ’n verklaring uitgereik waarin hy die hof se beslissing as “totaal onaanvaarbaar” gevind het.

Die Minister het daarop gewys dat die beslissing die vriendskapsbande tussen die twee lande ernstig geskaad het.