Valke ondersoek 311 sake van munisipaliteite

Die Departement van Koöperatiewe Regering en Tradisionele Sake het bevestig dat daar 311 sake ondersoek word rondom munisipaliteite.

Daar is tans 98 sake in die hof, 178 wat ondersoek word terwyl 35 gefinaliseer word of onttrek word.

Skokkende getalle word genoem: sedert 2011 is 1,651 munisipale werknemers afgedank weens wangedrag soos  bedrog, korrupsie en oneerlikheid.

Sowat 130 beamptes het bedank voordat daar teen hul opgetree kon word en hulle name gaan glo op ‘n swartlys geplaas word.

Daar is reeds R57 miljard geïnvesteer” in 57 munisipaliteite wat finansiële probleme ervaar.  Dit wat in staats departemente plaasvind  spoel oor na plaaslike regeringsvlak en die enorme verliese het die land op die rand van bankrotskap.