Trump verloor algehele meerderheid

President Donald Trump en sy Republikeinse Party het met die middeltermyn verkiesing gedeeltelik di onderspit gedelf toe die Demokrate beheer geneem ht van die Huis van Verteenwoordigers.

Die Demokrate het ’n desperate poging aangewend en selfs Barack Obama ingespan om teen die Republikeine te veg in die verkiesing wat Dinsdag gehou is.

Die Republikeine het aansienlike steun in die Huis van Verteenwoordigers afgestaan aan die Demokrate, maar kon daarin slaag om sy meerderheid in die Senaat te vergroot.

Die verkiesing wat normaalweg nie veel belangstelling lok by Amerikaanse kiesers nie, het vanjaar bo gemiddelde belangstelling getoon en word beskou as die lewendigste middel termyn verkiesing wat in jare gesien is.

Alhoewel die president sekerlik gaan sukkel om sy beleid tot uitvoer te bring, sal dit nog steeds moontlik wees, maar die Demokrate kan ook sekere projekte van die Republikeine blokkeer.

Die Amerikaanse Kongres is egter steeds in twee verdeel tussen Republikeine en Demokrate, en so in Amerikaanse kiesers ook verdeeld.

Foto – Amerikaanse Wit Huis