Trump steeds politieke faktor

Alhoewel die Amerikaanse president, Donald Trump, sy beheer oor die Huis van Verteenwoordigers moes afstaan aan die Demokrate, is dit opvallend dat hy steeds ’n enorme faktor is in die Amerikaanse politiek.

Dit is opvallend dat president Trump die verkiesings gewen het vir die Republikeinse kandidate in deelstate waar hy as spreker opgetree het, wat ’n duidelike aanwyser is dat die kiesers steeds hul ondersteuning aan hom verleen.

Die verlies van beheer oor die Huis van Afgevaardigdes is egter ’n slag wat hy sou verkies om nie te beleef nie, maar dit verskil nie van wat met die vorige drie presidente van Amerika gebeur het nie.

Die drie presidente, Barack Obama, Bill Clinton en George W Bush het ook in die middel termyn verkiesing hul beheer oor die Huis van Verteenwoordigers verloor.

Amerikaanse politieke ontleders meen egter die Demokrate het veel swakker gevaar as wat verwag is. Hulle meerderheid in die Huis van Verteenwoordigers is veel kleiner as waarvoor hulle geveg het, terwyl die mikpunt om die Senaat oor te neem geboemerang het en kon die Republikeine daarin slaag om hulle meerderheid te vergroot.

Die meer gematigde politieke ontleders meen die resultate wys dat president Trump nou stewiger sit as voorheen, en dat die Demokrate slegs kan roem op hul oorname van die Huis van Verteenwoordigers, maar wil nie erken dat dit ’n veel kleiner meerderheid is as waarvoor gehoop is nie

Foto – President Donald Trump