Tonne noodvoorraad bereik Sirië

’n Konvooi vragmotors met tonne voorraad het in die stad Raqqa aangkom waar sowat 50,000 in ernstige nood verkeer na die geweld wat vroeër vanjaar gewoed het om die Islamitiese Staat te verdryf.

Sowat 18,000 van die verhongerde inwoners is kinders wat swaar gebuk gaan onder di armoedige toestand wat heers, en die Verenigde Nasies se hulpprogram en lewensmiddele vir die gebied het nou na maande die stad bereik.

Die konvooi van 78 groot vragmotors, gelaai met voedsel en medies voorraad, het Saterdag in Raqqa aangekom waarvandaan die verspreiding plaasvind.

’n Woordvoerder het gesê dit behoort vier tot vyf dae te neem om die honderde metrieke ton voedsel onder die inwoners te verdeel.

Raqqa was voorheen deur di Islamitiese Staat beheer en is as hulle amptelik hoofstad beskou, maar is verpletter dur die koalisie magte onder leiding van die VSA wat swaar geleun het op die vernuf van die Koerdiese magte.