Swart Vrydag vs Wit Saterdag

Die verbruikers van die land was die afgelope naweek weer vasgevang en meegesleur deur die Swart Vrydag histerie.

Miljoene rand het van hand verwissel in slegs ‘n paar uur.  Vele aankope was egter nie werklike winskope nie maar eerder verskaffers wat ontslae geraak het van hul oortollige voorraad of artikels wat nie meer aangebied gaan word nie (einde van reeks).

Baie kopies was aangebied teen sogenaamde afslag van tot 60%, maar die prys is vooraf reeds opwaarts “aangepas.

Die probleem met so ‘n verkoop strategie is dat mense dikwels impulsiewe aankope doen van goedere wat hul nie werklik nodig het of onmiddellik gaan gebruik nie. Dus is die hele dag net ‘n verkoop- foefie om mense te lok om geld te spandeer.

Hoekom beweeg ons nie na ‘n Wit Saterdag nie.?   Jare gelede het boere en inwoners op ‘n Saterdag hul goedere na die plaaslike “boere-mark” gebring.  Vars groente en vrugte en selfs vars vleis. Plaas- melk en -room,  varsgebak soos beskuit, pasteie, Hertzoggies en melktert om nie te praat van vars gemmerbier nie. Tuisgemaakte speelgoed en vele meer.  Die middelman word uitgesny en pryse was billik.

Die Boeremark wat elke Saterdag in Pretoria aangebied word is ‘n goeie voorbeeld van waar goedere teen billike pryse aan die publiek aangebied word en waar ‘n gesin die Saterdag oggend saam kan deurbring rondom ‘n koppie koffie en snoeperye.

Hierdie is ‘n voorbeeld waar ons, ons mense ondersteun met ons geld.  Wie gaan in u dorp die inisiatief neem om weer so ‘n plaaslike mark op die been te bring?  Is dit te veel moeite en gaan ons maar voort om volksvreemdes te ondersteun deur minderwaardige artikels aan te koop met die etiket:  “Made in China”.

Wit Boertjie