Swak sekuriteit skrik mense af

‘n Verslag rondom die toestand van veiligheid op Suid Afrika se spoor netwerk toon dat daar 6,379 sekuriteit verwante voorvalle was in die 2016/17 tydperk.

Sestien sterftes en 525 beserings is aangemeld in die tydperk, wat lenners die wenkbroue laat lig oor die beheerstelsels en toepassing daarvan.

Hierdie voorvalle word beskou as “krimineel” van aard en hou ‘n bedreiging in vir persoonlike veiligheid van personeel ’n in besonder van passasiers.

Dit blyk verder dat diefstal en beskadiging van bates ook ernstige aandag moet kry aangesien passasiers sekerlik nie gebruik wil maak van so ’n onveilige diens ni.

Meer as 4,000 operasionele gebeure het plaasgevind wat trein botsings en ontsporings tot gevolg gehad het, en dit sluit kabel diefstal, sisteem foute en foutiewe sinjaal toerusting in.