Stryd teen klimaatsverandering verlore

Die stryd om klimaatsverandering te stuit en selfs om te keer, blyk ’n futile oefening te wees aangesien dit reeds te laat is om die “gering” poging van die Parys ooreenkoms met sukses deur te voer.

Lande wat aan die projek deelneem, moet hul projek soos geskeduleer is, drie keer verdubbel as hulle sukses wil bereik, en daar is reeds weerstand teen die huidige tempo wat te veel van sakemanne en regerings vra.

Om die beplande projekte van die lande te verdriedubbel sal meebring dat die aarde met 2 grade kan “afkoel” wat talle voordele mag inhou, maar waarskynlik die toekoms van moeder aarde as planeet van lewe sal verseker.

Die kommer bestaan egter dat te veel lande nie kans sien om die finansiële gewin van die huidige toestand wil prysgee om klimaatsverandering te stuit nie, en vestig hulle hoop op die geleidelike vermindering van motorvoertuie wat plek maak vir elektriese voertuie.

Die geweldige uitstoot van CO2 gasse word geproduseer dur nywerhede, kragsentrales, motorvoertuie en ander mensgemaakte toerusting.

Die bevindings dat die vermindering in CO2 verdriedubbel moet word kom op die vooraand van die volgende byeenkoms van lande wat in Pole aangebied word.