Skors Venezuela, sê Brasilië

Die nasionalistiese president van Brasilië, Jair Bolsonaro het gesê Venezuela behoort nie langer ’n lid van die Suid-Amerikaanse Handels blok te wees nie.

Bolsonaro het Venezuela se linkse regering beskuldig van oortreding van di demokratiese klousule in die ooreenkoms en behoort geskors te word as lidland van die ekonomiese entiteit.

Die Mercosur Handels blok bestaan uit Brasilië, Argentinië, Paraguay Uruguay en Venezuela wat laaste aangesluit het en slegs sedert 2012 betrokke is.

Die toekoms van Venezuela se verswakkende ekonomiese toestand kan verder in duie stort indien die meerderheid land sou besluit om ontslae te raak van Venezuela.

Politieke ontleders sê Venezuela se omstrede president, Nicolas Maduro, se toekoms sal ook dur so ’n besluit geraak word, en kan selfs die einde van sy politieke loopbaan beteken.

Foto – President Jair Bolsonaro