Senior polisie offisiere “leen” blou ligte

Die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat (Ipid) het arrestasies uitgevoer op drie polisie generaals, ’n brigadier en ’n sogenaamde diensverskaffer weens beweerde bedrog en korrupsie asook vervalsing.

Die polisie offisiere is gearresteer vir aangeleenthede wat verband hou met onreëlmatighede met die gebruik van blou ligte ten bedrae van meer as R60 miljoen.

Die beskuldigdes het in die Johannesburg Spesialis Handels Hof verskyn nadat hulle hulself oorgegee het aan Ipid nadat hulle reeds geïdentifiseer is met die beweerde misdade.

Die inligting is pas deur die Nasionale Polisie Kommissaris, Generaal Khehla Sitole, bekend gemaak tydens ’n sitting van die parlementêre Staande Komitee oor Openbare Rekeninge.