Rusland tart Belgiese regering

Die Russiese Weermag is nie net besig om in die Oekraïne spanning te veroorsaak nie, maar het ook begin om die Belgiese regering se geduld te beproef.

Die afgelope week het twee Russiese bomwerpers drie keer oor ’n Belgiese oorlogskip gevlieg in die Baltiese See gebied.

Die Belgiese skip, die Godetia was op ’n gewone roetine vaart toe die bomwerpers herhaaldelik oor die skip gevlieg het sonder om enige aanduiding te gee wat hulle bedoeling is.

Die Russiese optrede word beskou as ’n uitterende gebaar ’n ’n nuwe poging tot verskerping in die konflik tussen Rusland en die Westerse moondhede.

Die Godetia is ’n kommando skip van die Navo-vloot, en ’n myn bestryder in die noordelike gebiede wat tans in die Baltiese See diens verrig.

’n Navo woordvoerder het gesê die Weste wil geen Derde Wêreldoorlog begin nie, en daarom is geen waarskuwing skote afgevuur nie.

’n Woordvoerder van die Belgiese Vloot het later gesê dit is nie die eerste keer dat Rusland so ’n optrede volg nie, maar hulle kom elke keer ’n bietjie nader aan konflik.

Kenners meen die Russe tart ni net nie, hulle toets ook die Weste se waaksaamheid en hulle geduld word beproef.