Republikeine verhoog meerderheid in Senaat

Die Republikeinse kandidaat, Cindy Hyde-Smith, het die verkiesing in die deelstaat Mississippi gewen en daarmee ’n nuwe rekord opgestel.

Cindy Hyde-Smith se rekord sal lank onthou word omdat dit die eerste vroue kandidaat is wat ’n Senaatsverkiesing in die deelstaat kon wen.

Sy het die swart kandidaat, Mike Espy, gemaklik oorwin met ’n meerderheid van 10% nadat President Donald Trump ’n dag afgestaan het om haar by te staan tydens die verkiesingsveldtog.

Die laat verkiesing is egter deel van die middel termyn verkiesings wat in die VSA gehou is, en met die klinkende oorwinning word die Republikeine se meerderheid verder versterk in di Amerikaanse Senaat .

Mississippi is egter ’n konserwatiewe deelstaat, en die oorwinning van  Cindy Hyde-Smith was dus nie onverwags nie, en die Republikeine se meerderheid in die Senaat het gegroei met die oorwinning tot 53 senatore teenoor die 47 van die linkse Demokrate.

Haar opponent het sy veldtog gevoer dur die sogenaamde rassisme uit die verlede in die deelstaat op te roep in die hoop dat hulle hom sou steun.

Foto – Cindy Hyde-Smith