Ramaphosa se beloftes

Van die “beloofde “  R290 miljard beleggings wat tydens Ramaphosa se beleggings konferensie aangekondig is, blyk dit dat meer as R95 miljard reeds in ooreenkoms was voor 2018.

Van die ooreengekome belofte strek so vêr terug as 1990.

Die presidensie het die konferensie geloof as die “begin van ekonomiese herlewing” en verder is daar van die beleggings wat kwalifiseer vir belasting toegewings.

Anglo American is een instansie wat R71,5 miljard sal spandeer tot en met 2022 maar R28 miljard is reeds in 2013 beloof en dit word gedoen op voorwaarde dat die De Beers Venetia diamant myn se lewensduur verleng moet word.

So is Nestle, Mercedes-Benz, Mondi, Hollard, Naspers, Sappi, Naamsa, Rain en Sumitomo Rubber SA almal maatskappye wat of hul beleggings reeds aangekondig het of groot belasting toegewings gaan ontvang.

Dit blyk dus dat die konferensie een groot oëverblindery was en almal is gaande oor die toestroming van geld gegenereer deur die  ANC se president wat klaarblyklik nie daarin slaag om die leuen te vermy nie.