Prikkel:  Die begrafnis koste!

Enkele nuusberigte oor ons land se ekonomie is so erg dat ‘n mens wonder of jy reg geluister het.

In ‘n onlangse berig is gemeld dat staatsbegrafnisse vir drie vooraanstaande persone elk R10 miljoen gekos het.  Kan dit wees?  Dertig Miljoen rand om drie persone te begrawe?  Iemand het baie geld gemaak of die berig is heeltemal uit pas uit.  Daar was geen regstelling van die berig, of kommentaar of kommissie van ondersoek of ontkennings nie.

Of het die berig per ongeluk uitgeglip?

Hendrik v.d. Wateren