Pres. Macron gewildheid bereik laagtepunt

In die jongste meningspeiling wat in Frankryk vrygestel is, het die gewildheid van president Emmanuel Macron ’n nuwe laagtepunt bereik.

Volgens ’n opname sal hy nie ’n mosie van wantroue oorleef nie aangesien 71% van di deelnemers aangedui het dat hulle so ’n mosie sal steun.

Mark Demesmaeker, ’n Belgiese gesaghebbende, sê kiesers is in Frankryk besig om die werklikheid van sosialisme raak te sien en wil nie meer met sy hervormings gmoeid wees nie.

Meningsvormers sê sy ongewildheid het kort na sy oorwinning begin toe hy met arbeids hervorming begin het wat geen positiewe ekonomiese groei bevorder het soos hy belowe ht nie.

Sy pogings om ook Europa se sterk leier te word in die Europese Unie, het klaaglik misluk en die huidige peiling druk Macron verder terug in die ry van Europese leiers.

Foto – Emmanuel Macron