Pole wil ook onttrek uit VN ooreenkoms

Tydens die Duits kanselier, Angela Merkel, se besoek aan Pole het die land se Eerste Minister, Mateusz Morawiecki, in ’n gesamentlike verklaring bekend gemaak dat hy die oorweeg om Pole uit die Verenigde Nasies se immigrante ooreenkoms te onttrek.

Die Poolse premier het gesê sy regering oorweeg dit baie sterk om die voorbeeld van Amerika, Hongarye en Oostenryk te volg deur nie die ooreenkoms te onderteken nie.

Kanselier Merkel het probeer om die VN ooreenkoms te verdedig en gesê dit is belangrik om onwettige en gevaarlike immigrante te verbied en daarmee die akkoord se riglyne te volg.

Die kanselier van Duitsland het die afgelope 18 maande ’n prominente rol vervul om die VN ooreenkoms deurgevoer te kry, maar die Verenigde State van Amerika was die eerste om bekend te maak dat hulle nie die akkoord sal onderteken ni, waarna ander lande gevolg het.

Die twee leiers, tesame met verskeie kabinetsministers het die 15 de vergadering tussen die twee land gehou rakende direkte regering konsultasies wat in 2016 op die ys geplaas is ’n vanjaar hervat is.

Waarnemers meen egter dat Kanselier Merkel juis die vergadering as rookskerm gebruik het om Pole te probeer oorreed om tog die VN ooreenkoms te onderteken, maar dat dit weereens duidelik is dat haar invloed in Europa ’n laagtepunt bereik het.

Foto – Kanselier Merkel en Premier Morawiecki