Oekraïne vra hulp teen Rusland

Die president van die Oekraïne, Petro Porosjenko, het by Navo aangeklop om hulp en steun teen die aggressie van Rusland nadat die twee lande in konflik gekom het oor see-grense.

Russiese patrollie skepe het drie skepe van die Oekraïne in die Straat van   Kertsj geblokkeer om verder te vaar.

Die bemanning het ernstige skietwonde opgedoen wat deur die Russe veroorsaak is, maar is glo deur die Russiese skeepsdokter behandl.

Rusland beweer dat die skepe in sy gebiedswaters was en nie gereageer het op hulle waarskuwings nie, maar die een admiraal van die Oekraiene beweer dat hulle oor bewyse beskik dat Rusland vroegtydig verwittig is van hulle deur vaart.

Die Verenigde State en Europese lande in die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad het Rusland se optrede teenoor die Oekraïne veroordeel en dit uitgewys as provokasie.

Die president van Oekraïne vra Navo om hom te beskerm en te beveilig teen Russiese aggressie, en spreek sy komme uit dat Rusland se president, Vladimir Poetin, van plan is om die See van Azov in te neem.

Foto – Petro Porosjenko