OB soek Gordhan se bloed

Die sukkelende Openbare Beskermer (OB), Busisiwe Mkhwebane, het Pravin Gordhan opgeroep om voor haar te verskyn rondom die vroeë uittrede pakket van Ivan Pillay in 2010.

Gordhan is in 2016 reeds oor die saak aangekla maar die aangeleentheid is later terug getrek.

Hy meld dat hierdie optrede neerkom op viktimisasie, en daar bestaan bedenkinge oor die reg van die OB om weer die saak op te neem nadat dit voorheen teruggetrek is.

Dit is bekend dat die OB ‘n Zuma aanhanger is, en dat sy heelwaarskynlik die voormalige president se grief teen Gordhan wil opvolg met vergelding.

Foto – Minister Gordhan