Nuusflitse

Elke politikus op sy eie hoop

Patricia de Lille het aangekondig dat sy ‘n nuwe politieke party gaan stig wat gerig is op die jonger generasie wat teen korrupsie en bedrog sal veg.  Die party se naam sal binnekort aangekondig word. Sy het gelukwensings ontvang van die EFF leier, Julius Malema, wat gesê het  dat die land nog iemand nodig het om rassisme te beveg.

Zuma doen beroep op nasionalisasie

Die byna vergeter Jacob Zuma het by ‘n vergadering in Natal ‘n beroep gedoen op die mense van SA om nie grond hervorming te weerstaan nie.  Hy het ook gesê dat myne, banke en sekere industrieë genasionaliseer moet word.

Donker kers seisoen

Fase 1 van beurtkrag het Sondag 19 November 2018  om 12:15 ingeskop en sou tot 22:00 duur. In ‘n verklaring het Evkom aangekondig dat daar by n hele aantal kragstasies probleme ondervind word.