Nuusflitse

Geldmarkte en Brexit

Die Britse Pond het Maandag skerp gedaal teenoor die Dollar terwyl die premier, Theresa May sukkel om ‘n ooreenkoms met die Europese Unie te bereik oor uittrede.

Noord-Wes munisipaliteite weier optrede

Slegs een van die vyf munisipaliteite wat opdrag gekry het om stappe te neem teen munisipale bestuurders en finansiële bestuurders  het gehoor gegee.  Daar moet nou gewag word tot die provinsie se kabinet sitting einde November voor enige verdere optrede geneem kan word.

SAKP ontkenning

Die SAKP het by monde van hul leiers ontken dat daar enige geld ontvang is van VBS Bank. Nou skors hul die Limpopo provinsie se sekretaris, Gilbert Kganyago, te midde van die bewerings van ‘n R3 miljoen kenking aan die SAKP.