Nuusflitse

NVG se baas en band opname

Die kantoor van die Nasionale Vervolgings Gesag wou nie kommentaar lewer raangaande verslae van ‘n seks video waarin die waarnemende nasionale direkteur van NVG, Silas Ramaite,  saam met ‘n vroulike sekuriteit wag verskyn nie. . Senior personeel by die NVG het bevestig dat die opname bestaan maar niemand het die video nog gesien nie.

 

Brandstof duurder 7 November .

Niks kom van die verwagte prysverlaging van brandstof op Woensdag 7 November nie. Inteendeel gaan brandstof se prys dieselfde bly terwyl diesel met ‘n hupstoot van 48 sent nader skuif aan petrol se prys.

 

Misdaad onbeheerbaar in Jhb

Die sentrale besigheids gedeeltes van Johannesburg word geteiken deur gewelddadige misdaad soos gewapende roof.  Volgens waarnemers is misdaad buite beheer in die gebied . Wayne Minnaar,  Johannesburg Metro se  segsman sê  dit is  ‘n “problematiese” saak.