Nuus breek – VSA Demokrate wen veld

In die middeltermyn verkiesing in die Verenigde State van Amerika het die linkse Demokratiese Party beheer oorgeneem van die Huis van Verteenwoordigers, maar die Republikeine het die Senaat behou.

Alhoewel al die uitslae nog nie vanoggend (SA tyd) beskikbaar is nie, is dit duidelik dat di Trump-regering ’n aansienlike verlies gely het.

Dit is egter nie ’n vreemde verskynsel dat die regerende party y meerderheid in die Huis van Verteenwoordigers (Ook genoem Afgevaardigdes)  verloor nie.

In vorige verkiesings het Barack Obama, Bill Clinton en George w Bush ook hulle meerderheid verloor met die middeltermyn verkiesing.

Meer besonderhede sal deur Die Vryburger bekendgemaak word wanneer al die uitslae vrygestel is.