Net onaktiewe grond word gevat

Die ANC se Minister van Landbou, Senzeni Sokwana, het tydens ’n vergadering in die Oos-Kaap aan blanke boere gesê dat grond wat aktief produseer, nie genasionaliseer sal word nie.

Alhoewel die minister die versekering aan boer gegee het, beskou meninge landbouers dit as deel van die misleidings-politiek wat hand aan hand gaan met Cyril Ramaphosa se leuen dat daar nie plaasmoorde in die land is nie.

Dit is volgens die boer ’n paai-boelie metode om boere te kalmeer terwyl die bewyse reds bestaan dat grond onteien word sonder om vooraf vas te stel of die grond produksie lewer.

Boere wil ook weet watter norm toegepas word om te bepaal of ’n boer se grond produseer, en hoeveel produksie moet gelewer word alvorens die plaas vrygestel gaan word van die grondgryp aksie.

Die regeringshoof het by herhaling gesê grondgryp is noodsaaklik omdat die “onreg van die verlede” reggestel mot word, maar boere wil weet waarom die Transkei steeds nie ’n sterk landbou gemeenskap het nie aangesien daar nie blankes geboer het nie.

Landbou kenners men di grond in tradisioneel swart gebiede is van die grond wat die minste produseer, en kan eerste in die ry staan vir onteiening.