Musk se Tesla verby Mars

Op 14 Februarie vanjaar het die ruimte tegnoloog en hoof van die Tesla elektries motor vervaardiger beide instansies aangewend om ’n stukkie wêreldgeskiedenis te skryf.

Musk het die kragtigste vuurpyl gebou wat nog ooit die ruimte ingestuur is, en daarmee het hy ’n Tesla motorvoertuig saamgeneem wat tans onderweg is na die son.

Die Tesla Roadster het ook ’n CD speler in en die cd wat speel het elke snit daarop nou reeds meer as 74,000 keer gespeel terwyl die Tesla teen die spoed van meer as 42,000 kilometer per uur dur die ruimte klief.

Die motor is reeds verby Mars, en Musk het spottenderwys gesê ’n uitsoek restaurant is die volgende plek waar gestop gaan word.

Die “sterman” wat agter die stuur van die Tesla sit is wel ’n nagemaakte man, maar hy is met die Tesla oppad na ’n wentelbaan om die son.

Om die ruimtereis, wat ernstige navorsing oor die son beteken, ook ’n ligte kant te bied, is daar ’n plaatjie op die Tesla se paneelbord waarop geskryf staan “Don’t Panic”.

SpaceX se opdatering van inligting toon dat die Tesla reeds verby Mars is, en steeds in ’n stewige posisie verkeer om die wentelbaan om die son te bereik sonder enige voorvalle.