Munisipale bestuurders kry verhoging

Munisipale bestuurders se nuwe salaris strukture het pas in werking gekom met die aankondiging dat hul nou R3,9 miljoen per jaar sal “verdien” .

Die  tweede in bevel kry dan sowat R3 miljoen per jaar.

In vele gevalle word werk uitgekontrakteer deur rade aan privaat maatskappye terwyl amptenare dus weinig werk verrig maar nog steeds astronomiese vergoeding ontvang.

Die reuse skuldlas wat onder die beheer van die munisipale bestuurders op die land se munisipaliteite is, word nie in berekening gebring wanneer sulke onverdiende verhogings toegestaan word nie.

Daar is tans geen munisipaliteit in di land wat sonder ’n skuldlas funksioneer nie, en tientalle is reeds tegnies bankrot.