Mugabe se gesondheid knak

Die voormalige diktator en president van Zimbabwe, Robert Mugabe, se gesondheid het skerp verswak en hy was die afgelope week in Singapoer vir behandeling.

Berigte lui dat die 94-jarige Mugabe se kragte skerp afgeneem het in die afgelope twee maande en is hy nie meer in staat om self te loop nie.

Volgens die Zimbabwe president, Emmerson Mnangagwa, het hy aan ondersteuners van sy Zanu-PF gesê dat Mugabe se gesondheid vinnig verswak het binne enkele weke.

Hy het die ondersteuners tydens ’n party byeenkoms ingelig en bygevoeg dat die leiers na Mugabe omsien omdat hy die vader van Zimbabwe is.

Mugabe het die afgelope twee maande behandeling ondergaan in Singapoer, maar waarnemers meen die toestand het sodanig verswak dat hy nie weer sal herstel nie.

Foto – Robert Mugabe