Moslems eis optrede ten Wilders

’n Federasie wat meer as ’n 100 Moslem moskees verteenwoordig in Nederland het die sosiale netwerk Twitter versoek om die nasionalis, Geert Wilders, te blokkeer op die internet.

Die Moslems sê hulle sal regstappe oorweeg as die Twitter platform in gebreke bly om uitvoering te gee aan hulle eis, aangesien Wilders hom skuldig maak aan haatspraak.

Die Turkse Islamitiese Kultuur Federasie het glo ’n formele versoek tot Twitter gerig waarin geëis is dat die politieke leier, Geert Wilders, geblokkeer word.

Wilders is die leier van die Vryheidsparty (PVV) in Nederland is bekend vir sy anti-Islam opmerkings en sy skerp siening oor onwettige immigrante.

Die Moslems betoog teen Twitter met die argument dat hulle ’n platform is vir Wilders se haatspraak, en moet dit onverwyld staak.

Foto – Geert Wilders