Miljoene sigarette na Duitsland gesmokkel

’n Russiese vragmotor bestuurder is in die noordelik gebied van Duitsland deur die polisie in hegtenis geneem nadat hy betrap is van sigaret smokkelary.

Die 43-jarige vragmotor bestuurder word beskuldig dat hy 1,6 miljoen euro se belasting ontduik het met sigarette wat hy Duitsland ingesmokkel het.

Sigaret smokkelary is ’n uiters winsgewende bedryf in die lidlande van die Europese Unie terwyl die prys daarvan skerp gestyg het.

Die polisie sê di Russiese burger is in hegtenis geneem nadat vasgestel is dat hy miljoene sigarette op die swartmark stort in Duitsland.

Tussen 2009 en 2011 kon mense Russies vervaardigde sigarette teen uiters mededingende pryse koop, wat die polisie tot die besef gebring het dat iets abnormaal plaasvind, en kon net nie daarin slaag om die “groot vis” van die smokkelbedryf vastrek nie.

Die Russiese sigarette het groot aftrek gekry aangesien rokers die sigarette teen €1.20 kon koop terwyl die binnelandse produk wat swaar belas word, €6.50 kos.