Makhozi Khoza en Maimane se “kleur”

Die voormalige ANC parlementslid, Makhozi Khoza,  tans direkteur by OUTA (sic) het Mmusi Maimane op Twitter aangevat or sy drinkery van “native beer” tydens ‘n Lobôla geleentheid.

Sy het “getwiet” dat Maimane hard probeer om “swart” te wees waarop Maimane geantwoord het dat hy nie “probeer” om swart te wees nie want hy “is” en hy” is”  ‘n Afrikaan.

Outa het ‘n verklaring uitgereik dat hul nie persoonlike aanvalle kondoneer nie.  Khoza het na hewige kritiek verskoning aangeteken en sê sy het verwys na die Bantoe Bier Wet van 1908.

Politieke waarnemers sê as die pot die ketel begin verwyt oor wie swart is en wie nie,  dan weet ons ook nie?