Macron: Nasionalisme neem Europa na 1930

Die sosialistiese Franse president het homself vasgewoel om nasionalisme te verbind aan die tydperk sedert die Eerste Wêreldoorlog en waarsku noudat die opkoms van nasionalisme in Europa en elders die wereld gaan terugneem na die jare 1930.

Die ongewilde Franse president, Emmanuel Macron, waarsku Europa dat hulle besig is om terug te keer na die tydperk 1930 omdat hulle nasionalisme laat herleef.

Politieke ontleders sê die Franse president maak met sulke opmerkings, wat hy as waarskuwings beskou, homself nog meer ongewild by sy land se kiesers wat reeds rebelleer teen sy sukkelende bewind.

President Macron noem nasionalisme die gevaar wat Europa weer na ’n tydperk neem waar die ekonomie in ’n krisis beland soos wat in die jare 1929 die geval was met die Eerste Wêreldoorlog.

Ekonomiese ontleders wys egter daarop dat die lande waar nasionaliste aan bewind is soos Hongarye, Oostenryk, Pole en Amerika, juis op die kruin van ekonomiese voorspoed beweeg terwyl sy sosialistiese beleid Frankryk nie uit sy swak ekonomiese toestand kry nie.

Foto – Emmanuel Macron