Le Pen oorskadu Franse president

In ’n meningsopname wat weereens ’n bevestiging is van die opkoms van nasionalisme in Europa, is bekendgemaak dat Marine Le Pen, leier van die nasionalistiese party in Frankryk, groter steun geniet as die ongewilde sosialistiese president, Emmanuel Macron se La République .

Die peiling is gedoen met die oog op die komende verkiesing van die Europese Parlement in Mei 2019 wat toon dat Le Pen se party van 17% na 21% in steun tesame met die steun van ’n Franse konserwatiewe party se 7%, is meer as Macron se 27% steun.

Die Stand up France beweging van Nicolas Dupont-Aignan sowel as die behoudende Popular Republican Union gee steun aan Le Pen, en daarmee is die president oorskadu deur die nasionaliste in Frankryk.

Politieke kommentators sê dit is duidelik dat die nasionaliste regoor Europa veld wen en ’n aansienlike verskil gaan maak in die samestelling van die Europese Parlement.

Foto – Marine Le Pen